Brief uit die hoof se kantoor – 10 November 2023
Brief uit die hoof se kantoor – 10 November 2023
Fietsry Prestasie – Ella Barnard Baie geluk aan Ella Barnard, in gr. 7, met haar puik prestasies in fietsry vir 2023. Baie dankie dat jy Laerskool Blanco se naam so mooi uitgedra het! Sterkte in die HoĆ«rskool volgende jaar. Ons hou jou met trots en verwagting dop.
Waarde Woensdag – 8 November 2023 Ons waardes vir hierdie kwartaal is Nederigheid en Omgee. Die kwartaal (en jaar) se uurglas is stadig besig om uit te loop. Laat ons nie in hierdie laaste paar weke moed of kop verloor nie. Bly nederig, wees lief, deel uit en maak ‘n verskil!
Prysuitdeling – 7 November 2023 Dinsdag, 7 Novemeber, was daar weer vir die eerste keer in ‘n lang tyd akademiese prysuitdeling gehou. Ons graad 4-7 leerders is vir harde werk beloon. Dit was ‘n spog geleentheid wat hierdie leerders nog lank sal bybly en motiveer.
R5-winkel en Koekverkoping Vrydag se R5-winkel en Koekverkoping was reuse pret. Die leerders het die lekkernye en “shop” vreeslik geniet. Baie dankie aan elkeen wat iets geskenk het, kom help het met verkope of ‘n ekstra geldjie ingepak het om ons te ondersteun.
Maandag Motivering – 06 November 2023 When some things go wrong, take a moment and be thankful for the many things that are going right
o/13 Krieketspan se Oos-Kaap toer Ons o/13 krieketspan se Oos-Kaap toer was ‘n reuse sukses en ‘n ervaring wat hulle lank nog sal onthou. Hulle het kragte gemeet teen Laerskool Stulting en Gamtoosvallei. Hulle wen die wedstryd teen Laerskool Stulting met 6 paaltjies en Johalin word as “man of the match” aangewys vir sy 43 […]
Brief uit die hoof se kantoor – 3 November 2023
Taekwondo Gradering 2023 Baie geluk aan die volgende leerders wat hul Taekwondo gradering gehad het. Jayden Coertzen – Bruin Belt – Gr 5 Bodine Coertzen – Groen Belt – Gr 1 Anika Steenkamp – Geel Belt – Gr R Neela Steenkamp – Geel Belt – Gr 5 Mia Stolz – Bruin Belt – Gr 5
Dubbel i Richii Optreede 2023 Dubbel i Richii, het vir die Gr.3-groep kom optree nadat hulle musiek-genres behandel het. Dankie vir die lekker vertoning. Die leerders het defnitief ‘n nuwe waardering vir kletsrym (rap), hulle het hierdie geleentheid baie geniet.