Tuiste

Baie welkom by Laerskool Blanco se webwerf.

Hierdie webwerf het ten doel om u in te lig rakende die etos, bedryf en aktiwiteite van die skool.

Laerskool Blanco bestaan sedert 1847 wat dit een van die oudste skole in die Weskaap maak. Die ouderdom van die huidige skoolgebou (1881) noodsaak ons om slegs 25 leerders per klas, 50 per graad, toe te laat. Hierdie klasgrootte maak ruim voorsiening vir effektiewe onderrig deur bekwame opvoeders met moderne tegnologie. Baie klem word gelê op waardesisteme met 'n Christelike inslag, respek en lojaliteit teenoor jou skool, dorp en land.

Die medium van onderrig is Afrikaans.

Tans het die skool 410 baie gelukkige leerders vanaf Graad RR tot Graad 7. By Blanco het leerders nog die geleentheid om in die somer kaalvoet skool toe te gaan, 'n tradisie eie aan ons landbougemeenskap.

 

Skoollied

Onder Outeniqua-berge,
net ‘n treetjie van die see.
Staan ‘n skool waarop ons trots is,
en ons beste voor wil gee.
Hier probeer ons almal saam werk,
vir die toekoms voorberei.
Vir ons werk en sport en strewe,
sal ons leuse altyd bly.
Vorentoe, vorentoe,
werk ons almal saam.
Vorentoe, vorentoe.
Blanco skool ons eer jou naam.
Blanco skool ons eer jou naam.

Blog/Gebeure

Lees verder

Kontak Ons

Ons hoor graag van julle.
Adres
Napier Straat Blanco, George
Kontak
E-mail: admin@blancolaer.co.za Phone: 044 870 7380