o/13 Krieketspan se Oos-Kaap toer

Ons o/13 krieketspan se Oos-Kaap toer was ‘n reuse sukses en ‘n ervaring wat hulle lank nog sal onthou.
Hulle het kragte gemeet teen Laerskool Stulting en Gamtoosvallei.
Hulle wen die wedstryd teen Laerskool Stulting met 6 paaltjies en Johalin word as “man of the match” aangewys vir sy 43 lopies en 1 paaltjie.
Hulle sluit die toer op ‘n hoogtepunt af met ‘n oorwinning van 112 lopies teen Laerskool Gamtoosvallei. Ewald word as “man of the match” aangewys vir sy 55 lopies en 3 paaltjies.
Baie geluk julle!
Baie dankie ook aan Electrical pro wat die span geborg het

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *