TROTS OP ONS TENNIS
Wat ’n fantastiese prestasie deur Laerskool Blanco se seuns en dogters by die Great Laerskole Tennistoernooi!
Ons seunspan is die KAMPIOENE!
Tussen 8 deelnemende spanne het ons seuns koning gekraai en die goue medaljes verower!
Uitstekende tennis, puik spel en hope deursettingsvermoë het gesorg vir ’n toernooi om op trots te wees. Ons is ongelooflik trots op elke speler wat Laerskool Blanco se naam hoog gehou het!
’n Spesiale woord van dank aan Daniel Barnard en Sophia Barnard van Laerskool Vorentoe in Groot-Brakrivier wat ons spanne gehelp het. Julle ondersteuning en bydrae word opreg waardeer!
Baie geluk aan al ons spelers! Julle het gewys wat met talent, spanwerk en vasberadenheid bereik kan word.
