BUITESPORT – Edenproewe vir Ritmiese gimnastiek

Mieke Meyer (heel regs op die foto) het Saterdag, 18 Julie deelgeneem aan die Edenproewe vir Ritmiese gimnastiek.

Sy het in die Vlak 6 Onder-12 afdeling meegeding. Sy het silwermedaljes in haar vryedans-, tou- en lintroetines gewen en die algehele silwer in haar kategorie verseker.

Sy is tans besig met voorbereiding vir die Wes-Kaapse Ritmiese Gimnastiekkampioenskappe as deel van die Eden Distrikspan, wat volgende maand plaasvind.

Baie geluk Mieke, ons is trots op jou!