FIETSRY – EDEN-kleure
Baie geluk aan ons fietsryers wat EDEN-kleure verwerf het. Dit is ‘n besondere prestasie aangesien 6 van die 15 leerders wat EDEN by die Wes-Kaap Bergfiets XCO-kampioenskappe verteenwoordig, leerders van ons skool is.
Hulle is uitgenooi om op 13 en 14 Junie, deel te neem by Bloemendal, WIne Estate in Durbanville.
“Nipper Boys” – Johan Meyer en Reyneke Meyer
“Nipper Girls” – Anje Moolman
“Sprog Boys” – Jan-Albert Groenewald
Sprog Girls” – Lara Delport en Karlien Van Zyl
Ons is baie trots op hulle en wens hulle alle sterkte toe
