DAANTJIE KAT BESOEK DIE PRE-PRIMER!
Ons klein maatjies het Vrydag ‘n baie oulike en belangrike besoek gehad van Daantjie Kat en die verkeersdepartement!
Hy het vir die kinders op ‘n prettige en interaktiewe manier geleer oor padveiligheid – hoe om veilig oor die pad te stap.
Die kinders het dit vreeslik geniet en sommer baie nuwe dinge geleer wat hulle elke dag kan toepas om veilig te bly.
Oom Eddie het hulle geleer hoe om veilig te wees en om ons veiligheidsgordel vas te maak.
Baie dankie aan Daantjie Kat en die verkeersdepartement van George, vir julle besoek en die waardevolle lesse wat hulle met ons gedeel het!