Oupa- en Oumadag 2026
Laerskool Blanco se pre-primêre maats het Vrydag 22 Mei hul Oupa- en Oumadag gevier. Met vonkel in hul oë en groot opgewondenheid het hulle saam met Oupa en Ouma op ’n kleurvolle reis gegaan om uit te vind watter kleur die beste by hulle en MENEER pas.
Natuurlik was die antwoord BLOU — Blanco-blou!
🟡🟢🔴🔵
Die kuier oggend saam met oupa en ouma is baie kosbaar vir ons kleine Blanco bokkies.
Hier volg die skakel vir nog fotos van die opwindende dag.
https://blancolaerskool.pixieset.com/oumaandoupadag2026/