Juffrou Anzel Ooievaarstee

Ons is is saam met juffrou Anzel opgewonde oor die koms van baba Anlea Mey en daarom het die personeel haar Maandag verras met ‘n ooievaarstee by die skool.
Liewe juffrou Anzel
Ons gee vir jou (en Johan) Jakobus 1:17 om aan vas te hou, deur die swangerskap en ook elke dag na Anlea se koms. Jakobus 1:17 “Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van bo. Dit kom van die Vader wat die hemelligte geskep het, maar wat self nie soos hulle verander of verduister nie.”
Mag Anlea, ‘n volmaakte geskenk van bo, julle lewe kom vervul en julle nog nader aan mekaar en God bring, want al sou daar moeilike tye wees kan julle weet dat die God wat nooit verander nie, die God wat julle en ook vir baba Anlea geskep het julle sal dra.
Baie geluk juffrou Anzel en Johan, julle gaan wonderlike ouers wees. Ons kan nie wag om vir Anlea te ontmoet nie.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *