Personeel Afsluiting 2023

Ons het dalk ons verskille, maar as daar moeilikheid aan die deur klop, staan ons soos een man saam en daarom is ons nie net kollegas nie, maar ‘n familie.
Die personeel het vandag hul afsluitingsfunksie gehad. Dit was ‘n heerlike, rustige middag waar almal kon afskakel en vir oulaas kuier voor die vakansie.
Ons neem ook dan afskeid van juffrou Philrene en juffrou Petriëtte. Mag julle oorweldig word met seën en vreugde tydens julle nuwe avonture. Ons wens julle alle sterkte toe vir die nuwe hoofstuk van julle lewensverhale.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *