Wes-Kaap Skaak Skole Toernooi – 17 Mei 2025

Wes-Kaap Skaak Skole Toernooi – 17 Mei 2025 Ons is baie trots op ons 6 EDEN-skaakspekers wat vandag deelgeneem het aan die Wes-Kaap Skole toernooi wat plaasgevind het in Worcester. Franco le Roux, Jandré Boltman, Esra Muller, Ivanke Barnard, Marizaan Barnard en Ankia Barkhuysen julle maak ons trots!

Read more
BEDANKING vir BORGSKAP – 14 Mei 2025

BEDANKING vir BORGSKAP – 14 Mei 2025 Baie dankie aan Justin Moolman van DMC consulting wat ons eerste rugby- en netbalspan borg. Beide spanne het rugsakke ontvang wat geborg is. Ons rugbyspan het ook opwarmingshemde ontvang. Ons waardeer julle betrokkenheid by ons leerders. Baie dankie!

Read more
Rugby O/13 George Span – 26 April 2025

Rugby O/13 George Span – 26 April 2025 Laerskool Blanco is trots op die vyf spelers wat gekies is vir die O/13 George span rugby. Agter vlnr: Caleb Lamberts, Nazeeq Maralack, Aaron Fortuin Voor vlnr: Leagan Fortuin, Cayden Mapolie Hierdie seuns neem Saterdag deel aan die eerste rondte SWD proewe in Oudtshoorn. Baie sterkte!

Read more
BUITESPORT – 25 Maart 2025

BUITESPORT Drie van ons leerders is die naweek, tydens die George Motorklub se 2024 prysuitdeling vereer. Hulle is as top 3 in die klub se ontwikkeling klas vir die Dirt Karting aangewys. 1ste plek: Skylar-May Combrink 2de plek: Franco Lotz 3de plek: Lihan Combrink

Read more
Fietsry – 19 Maart 2025

Fietsry – 19 Maart 2025 15 van ons fietsryers het die afgelope Saterdag aan die eerste Interskole XCO-byeenkoms deelgeneem by Wilgewandel, Oudtshoorn. Hierdie ryers het vir ons ‘n 2de plek onder die laerskole verower. Baie geluk aan die volgende ryers wat in hul ouderdomsgroepe presteer het: Michelle Malan 1ste plek Anike Lerm 2de Plek Karlien […]

Read more
Skaak – 14 Maart 2025

Skaak – 14 Maart 2025 Ons skaakspelers wat opgeneem is in die George-span het Saterdag, 8 Maart in die eerste rondte van die EDEN-proewe deelgeneem in Mosselbaai. Na afloop van die proewe, is 6 van ons leerders opgeneem in die EDEN-span. Baie geluk aan: Franco le Roux Jandré Boltman Esra Muller Ivanke Barnard Marizaan Barnard […]

Read more
Laerskool Blanco Gholfdag 2024

Laerskool Blanco Gholfdag 2024 112 Spelers op die veld, lekker weer, lekker gees! Venue: Kingswood Golf Estate Hoof Borg: Build it Outeniqua

Read more
o/11 Krieket – 8 Februarie 2024

Die o.11 krieketspan het gister teen Laerskool Outeniqua gespeel. Blanco kry 127 na 20 boulbeurte, maar verloor ongelukkig steeds met 29 lopies. Op die foto is Wihandré Nel na hy 50 lopies aangeteken het. Wihandré het n totaal van 66 lopies vir slegs 29 balle gekry. Hy spog ook met 3 paaltjies. Welgedaan! #blanco #blancobokkies […]

Read more