GR RR EN GR R-GRADEPLEGTIGHEID 2026

Ons Gr. RR- en Gr. R-leerders het hul gradeplegtigheid met soveel vreugde, opgewondenheid en trots gevier! ⭐
Met groot glimlagte, pragtige optredes en blink oë het ons klein sterretjies gewys hoe ver hulle reeds gekom het. Van hul eerste treë in die skool tot hierdie spesiale oomblik – elkeen het gegroei, geleer en nuwe vriendskappe gevorm.
Ons is ongelooflik trots op elke leerder en dankbaar vir ons toegewyde personeel en ouers wat deel is van hierdie besondere reis.
Mag hierdie klein voetjies met groot drome altyd met moed, liefde en geloof hul volgende avontuur aanpak. Die wêreld wag op julle! ✨
Baie geluk aan ons Gr. RR- en Gr. R-klas van 2026! Julle is elkeen ’n sterretjie! ⭐
https://laerskoolblanco.pixieset.com/preprimergradeplegt…/