Balkie Oorhandiging van Leieres 2026
Dit was ’n besonder trotse en spesiale oomblik toe ouers tydens ’n spesiale saalbyeenkoms die voorreg gehad het om hul kinders se leiersbalkies self aan te steek.
Tydens dieselfde byeenkoms is ons nuwe hoofleiers ook amptelik aangekondig. Ons is ongelooflik trots op hierdie leerders en sien met groot opgewondenheid uit na die leierskapspad wat voorlê.
Baie geluk aan elkeen! Mag julle met trots, integriteit en nederigheid dien en altyd ’n mooi voorbeeld vir julle medeleerders wees.
