ATLETIEK – Kwagga Top 10-Atletiek George 2026

💙🤍 Blanco op die atletiekbaan!
Ses van ons atlete het Laerskool Blanco by die Kwagga Top 10-byeenkoms in George verteenwoordig en teen sterk kompetisie van ander skole meegeding. 🏃‍♀️🏃‍♂️
Baie geluk aan Andru du Toit, Rhys Goosen, Xander Ahlers, Nina Delport, Lara Delport en Tineke du Toit met julle prestasies! Ons is trots op elkeen van julle se harde werk en deursettingsvermoë.
Dankie aan die afrigters en ouers vir julle ondersteuning, en aan die organiseerders vir ’n besonder goed georganiseerde byeenkoms!