SA Interprovinsiale Skolefietsryfinaal 2026

Laerskool Blanco se bergfietsryers het in Stellenbosch aan die SA Interprovinsiale Skolefietsryfinaal deelgeneem en teen van die beste laerskoolryers in die land meegeding.
Blanco het ‘n algehele 25ste plek in Suid-Afrika behaal! Ons seuns was 18de en ons dogters 22ste onder die deelnemende skole.
Baie geluk aan elke ryer vir julle harde werk en deursettingsvermoë. Julle het Blanco se naam met trots gedra! Dankie aan Mnr. Johan du Preez vir die afrigting en aan die ouers vir julle aanmoediging en ondersteuning. DIe ondersteuners het pragtig vertoon in hulle wit, geel en blou ondersteunersdrag.
’n Spesiale dankie aan Sign Life vir die pragtige banier waarmee ons Blanco met trots kon verteenwoordig!
Welgedaan aan elke fietsryer, ons is trots op julle.