LAERSKOOL BLANCO TROTS! 2026

Ons is ongelooflik trots om te deel dat Laerskool Blanco twee besondere Akademiese Toekennings ontvang het vir ons uitstekende prestasie in die Sistemiese Toetse! 📚👏
🏆 Significant (above 10%) Improvement in Mathematics
🏆 Most Improved in Home Language
Hierdie erkenning is ’n bewys van die harde werk, toewyding en deursettingsvermoë van ons leerders, personeel én ouers. Dit wys wat moontlik is wanneer ons as ’n span saamwerk en elke dag daarna streef om die beste vir ons kinders te gee.
Ons is bevoorreg om ’n uitmuntende span onderwysers van Graad RR tot Graad 7 te hê. Met so ’n toegewyde span is dit geen wonder dat ons kinders so goed vaar nie!
Ons personeel ploeg ontsettend baie tyd, energie, liefde en toewyding in ons kinders – van kleins af. Elke leerder se akademiese reis begin reeds in die vroeë jare, en ons onderwysers bou daarop voort totdat hulle Graad 7 bereik.
’n Spesiale gelukwensing ook aan Barry Robertson, wat vroeĂ«r vanjaar aangewys is as die Graad 6-leerder wat die beste in Afrikaans in die streek presteer het. Sy uitstekende uitslae in die “Common Papers” en sy harde werk is ’n wonderlike voorbeeld van die akademiese potensiaal wat binne Laerskool Blanco bestaan.
Blanco blink uit!
Ons is trots op ons leerders.
Ons is trots op ons onderwysers.
Ons is trots op ons skool.
Baie geluk aan die hele Blanco-familie – hierdie prestasie behoort aan elke onderwyser, leerder, ouer en personeellid wat elke dag saam bou aan ons kinders se toekoms.
Van Graad RR tot Graad 7 – ons leer, ons groei en ons blink saam uit!