GRAAD 1 BESOEKERS 2026
DIe Graad 1’s was bevoorreg om “mense in die gemeenskap” te hê wat hulle by die skool besoek het.
Hulle het kennis gemaak met Suster Jeanita le Roux van @easycare_health wat hulle meer vertel het oor hoe om jou liggaam gesond te hou.
Dokter Ruth Truter van @vetcaregeorge het weer vir hulle geleer hoe belangrik dit is om jou diere mooi te versorg.
Baie dankie aan beide hierdie dames wat tyd uit hul besige skedules geneem het om hul gemeenskap te dien en ons Graad 1’s te inspireer. Dit word opreg waardeer.
