TREK AAN SOOS JOU GUNSTELING ONDERWYSER 2026
Ons kinders het behoorlik pret gehad om soos hul gunsteling onderwyser aan te trek! 😄
Van die haarstyle en brille tot die uitrustings en bekende “onderwyser-houdings” — daar was beslis ’n paar wat baie in die kol was! 😂👏
Dit was heerlik om die kreatiwiteit te sien en natuurlik ook te raai watter juffrou of meneer elkeen uitbeeld!
Dankie aan elke leerder wat saamgespeel het. Julle is elkeen baie spesiaal.
