Geesweek – Sportsoorte

Vandag was dit tyd om ons liefde vir sport te vier! Ons leerders én personeel het hul gunsteling sportsoorte met trots uitgebeeld deur kreatiewe en kleurvolle uitrustings aan te trek.
Van rugby, netbal en sokker tot atletiek, gimnastiek, tennis, krieket en nog vele meer – die skool het behoorlik geblom van sportgees!
Baie dankie aan elke leerder, ouer en personeellid wat deelgeneem het en gehelp het om vandag so ‘n groot sukses te maak. Julle entoesiasme en skooltrots maak Laerskool Blanco besonders!
Geniet ‘n paar foto’s van vandag se sportsterre!