TROTS SUID-AFRIKAANS BY LAERSKOOL BLANCO! πŸ‡ΏπŸ‡¦

Vandag vier ons ons mooi land, ons diverse kultuur en alles wat Suid-Afrika so besonders maak. Ons leerders en personeel het met groot trots hul Suid-Afrikaanse gees gewys deur die kleure van ons land te dra en saam fees te vier.
By Laerskool Blanco glo ons daarin om respek, eenheid en trots vir ons land by elke kind te kweek.
Ons is Trots Suid-Afrikaans! πŸ‡ΏπŸ‡¦πŸ’šπŸ’›πŸ–€β€οΈπŸ’™πŸ€