VADERSDAG 2026

Spreuke 23:24: “Die pa van ‘n regverdige kind is baie bly; ‘n wyse seun bring sy ouers vreugde.”

‘n Pa is gemaak van beton, spiere, ‘n sagte hart vol jellybeans en ‘n growwe ste m. Hy is met gare van genade aanmekaargewerk deur God homself.

‘n Pa trek sy insipirasie van sy Pa in die hemel. Na hom kyk hy op vir wysheid, geduld, onvoorwaardelike liefde en medelye. Hy volg letterlik sy Hemelse Pa in die te groot voetspore wat Hy agterlaat.(Bron: weesstil.co.za)