MOEDERSDAG 2026

Aan elke vrou verbonde aan Laerskool Blanco, wil ons vandag graag dankie sĂȘ vir die rol wat julle vertolk in ons leerders se lewens.

Dankie vir julle omgee, julle teenwoordigheid, julle versorging, julle geduld en julle liefde! Ons waardeer julle. Vandag eer ons julle en weet ons dat ons nie dieselfde sou wees sonder julle in ons lewens nie.

Mag julle vandag bederf word met dieselfde liefde en omgee waarmee julle ander elke dag bederf.

Spreuke 31:25 en 26
Alles aan haar spreek van ‘n sterk en edel persoonlikheid; sy ken geen kommer oor die toekoms nie.
As sy praat, is dit met wysheid; as sy leiding gee, is dit met liefde.