Common Papers – Afrikaans Beste in Streek! 2026
🌟 ONS IS BAIE TROTS! 🌟
Baie geluk aan Barry, wat Saterdag 14 Februarie aangewys is as die Graad 6-leerder wat die beste in Afrikaans in die streek presteer het! 🏆
Hierdie besondere prestasie volg op sy uitstekend uitslae in verlede jaar se Common Papers, waar hy werklik uitgeblink het. Sy harde werk, deursettingsvermoë en toewyding is ‘n inspirasie vir ons almal.
Barry, jy dra ons skool se naam met trots. Baie geluk met hierdie welverdiende erkenning – ons sien uit na nog vele suksesse!
