DANS: 23 Augustus 2025

Grootskermrugby met die Bokke wat gewen het, is net wat ons bestel het!
Dankie aan elkeen wat saam met ons om die wêreld gereis het.
Baie dankie aan ons OOV en al die borge wat verseker het dat hierdie aand ‘n sukses was.
Spesiale dank aan die 4-brothers aartappelstoor, vir die gebruik van die geriewe. Sonder julle sou dit nie moontlik wees om die funksie te hou nie.
Aan elke persoon wat gehelp het om die tafels te versier om die reis moontlik te maak na die verskillende lande, wil ons graag ons dank betuig.
Dankie vir u ondersteuning, ons sien julle volgende jaar weer!