Pre-Primer – Beroeps week 2025
“Vir sy eie voordeel beklee ‘n man ‘n beroep, vir die voordeel van sy ewemens volg hy ‘n roping.” – C. J. Langenhoven
Ons Graad R- en RR-maats leer oor verskillende beroepe.
Hulle het die voorreg gehad om verskillende besoekers te ontvang wat hulle meer vertel oor wat hulle daagliks doen. Dankie aan elkeen wat tyd geneem het om ons maats te leer van die verskillende beroepe wat hulle dalk kan oorweeg.
Van ‘n dominee, skoolhoof, finansies, fotograaf, munisipale werkers en die honde-eenheid om ‘n paar te noem, is ons leerders nou deeglik ingelig!