RUGBY AFSLUITING 2026

Ons o/9 rugbyspan sluit die seisoen af op ń hoë noot.
Die ouers, spelers en afrigters het vandag ń heerlike braai gehou by die skool. SWD kaptein, Carel du Preez, het met die seuns kom gesels en hulle sertifikate uitgedeel.
Baie dankie aan afrigters, Arno du Plessis en James Kennedy, vir al julle moeite en tyd hierdie seisoen om hierdie span af te rig. Die seuns het kwaliteit afrigting gekry en ons kon dit sien met die seisoen se uitslae.
Ons is opgewonde om hierdie spannetjie te sien speel in die volgende paar jaar.