PREFEKTE 2026
Ons stel met groot opgewondenheid die prefekte van 2026 bekend!
Aan ons Leiers van 2026: Lei met integriteit, dien met ’n nederige hart en wees die voorbeeld wat ander inspireer om ook hul beste te gee.
Onthou: ’n Ware leier stap nie altyd voor nie – soms stap ’n ware leier langs iemand wat hulp nodig het.
Ons sien uit daarna om te sien hoe julle ’n verskil by Laerskool Blanco gaan maak. Mag julle jaar gevul wees met groei, mooi herinneringe en geleenthede om ander op te bou.
Baie geluk, Leiers van 2026!
