Geesweek – Pajamasdag
Gister was ons skool se gange behoorlik gekleur met die mooiste en snaaksste pajamas!
Ons leerders én personeel ens selfs Mnr. Kloppers het aan die dag deelgeneem. Almal het met hope entoesiasme die uitdaging aanvaar, aangepak en gewys dat skool nie net oor leer gaan nie, maar ook oor saam lag, herinneringe bou en skoolgees uitleef.
Dit was wonderlik om die glimlagte, kreatiwiteit en opgewondenheid oral op ons skoolterrein te sien. Baie dankie aan elke leerder, ouer en personeellid wat deel was van hierdie Pajamadag.
