NUWE GR R en GR 1 INSKRYWINGS VIR 2027
Die datum vir nuwe Graad R en 1 aanlyninskrywings vir 2027 is 10 Maart – 14 April 2026.
Maak asseblief seker dat u al die nodige dokumentaise byderhand het, wanneer u hierdie inskrywings wil doen.
Wat u benodig:
– identiteitsdokument / geboortesertifikaat van die leerder
– buitelandse leerders benodig ‘n paspoort / ouers / voogde/ versorgers se vlugteling- en of asielsoekersvisum waarop die leerder se naam moet verskyn
– Insien ‘n leerder van buitelandse ouers / voogde / versorgers in Suid-Afrika gebore is: ‘n handgeskrewe geboortesertifikaat (DHA 19-vorm)
– Immuniteitskaart (Road to Health Chart) van die leerder waarop die immuniserings aangedui is
– laaste amptelike skoolrapport/ akademiese rekord met uitslae van die leerder
-bewys van die verblyf (diensterekening / huurooreenkoms / beëdigde verklaring wat by ‘n polisiestasie afgelê word, wat verblyf bevestig)
Aanlynaansoek skakel: westerncape.gov.za/education
Graad 2 – 7 aansoeke vir oorplasings kan 3 – 17 Augustus 2027 gedoen word.
