KOM LOER IN BY ONS

Ons nooi alle toekomstige leerders en ouers om op Donderdag, 5 Maart tussen 17:15 en 18:15, te kom loer wat ons by Laerskool Blanco doen.
Hierdie is ‘n goeie geleentheid om die personeel te ontmoet, te sien hoe ons skool lyk en uit te vind watter aktiwiteite by ons skool aangebied word.
Ons kan nie wag om julle te ontvang nie.