Bidbeertjies 2026

Ons Graad 1-leerders het vandag almal ‘n gebreide beertjie ontvang.
Wat ‘n kosbare geskenk om te kry, veral omdat daar vir elke leerder gebid is terwyl die beertjie gebrei is.
Ons wil graag ons dank uitspreek teenoor @blancogemeente Blancogemeente George se lede wat saam met ons gedroom het oor hierdie projek en hul kosbare tyd beskikbaar gestel het om hierdie beertjies te brei.
Mag die opgewondenheid van hierdie groot geskenk, nog lank vreugde bring.