PRYSUITDELING

Daar word gesê dat die woord “sukses” nêrens anders voor die woord “werk” aangetref word nie, behalwe in die woordeboek.

Ons Gr. 4-7 – leerders is beloon vir hul harde werk in akademie, sport en kultuur tydens hierdie jaar se spoggeleentheid.

Baie geluk aan hierdie leerders met hul pragtige prestasies.

Baie dankie aan ondersteunende ouers, opvoeders en afrigters wat die saadjies plant, versorg en gereeld voed. Sonder julle motivering sou daar geen groei kon plaasvind nie.

Daar is nog baie fotos wat geneem is en julle kan dit by die volgende link gaan aflaai: https://adelevanzylphotographydownloads.pixieset.com/laerskoolblancoprysuitdeling2025/