GHOLFDAG 2025
Ons kon nie vir beter weer gevra het vir ons jaarlikse Gholfdag by @Kingswood Golf Estate nie!
Baie dankie aan ons hoofborg @Build It Outeniqua en @Build It Blanco wat saam met ons GROOT droom.
Dankie aan elke besigheid en speler wat hierdie dag ondersteun het. Sonder julle sou hierdie suksesvolle dag nie moontlik gewees het nie.
Aan Alra Bekker, wat die organiseerder van die dag was, kan ons nie genoeg dankie sê nie. Haar entoesiasme en positiwiteit maak dit so maklik om saam met haar te werk en reëlings te tref.
Laastens, maar beslis nie die minste nie, aan die ouers en personeel van Laerskool Blanco wat hard gewerk het om alles so mooi te laat vertoon het, spreek ons graag ons opregte dank uit.
Sien julle volgende jaar weer!