Skaak – Holy Cross se “Rapid invitational” Oktober 2025
3 van ons leerders was genooi om Saterdag aan Holy Cross se “Rapid invitational” deel te neem.
Dit is ‘n besondere eer wat hulle te beurt geval het, aangesien daar slegs 12 spelers per ouderdomsgroep genooi was om deel te neem aan hierdie toernooi.
Ons is trots op Jandré Boltman, Ivanke Barnard en Marizaan Barnard wat uitgenooi was EN die uitdaging aanvaar het om deel te neem aan ‘n formaat waarmee hulle nie bekend is nie!
