Laerskool Blanco dans, op Saterdag, 23 Augustus, by die Aartappelstoor.

Dit beloof, om soos in die verlede, weereens ‘n heerlike opskop te wees en ons nooi almal hartlik uit om deel daarvan te wees.
Die tema is OM DIE WÊRELD en die drag is lekker informeel, met enige iets wat by die tema pas. Kom kyk die rugby tussen Suid-Afrika en Australië op ‘n groot skerm, smul aan ‘n Spur burger en chips en geniet ‘n kuier- en dansaand saam met DJ Wesley en goeie vriende. Om die aand mee af te sluit is daar lekker koffie en iets soet

!!!Geen 0/18!!!
Kaartjies is te koop by Elydia Skool Kantoor 0448707380 ( opsie1 )