GRAAD 1’S LEER VAN MENSE IN DIE GEMEENSKAP

Die graad 1’s is besig om van mense in die gemeenskap te leer.
Hulle was bevoorreg om ‘n besoek van ‘n verpleegster te ontvang vandag. Jeanita le Roux het vir hulle meer kom vertel oor haar beroep en hoe al die instrumente werk en waarvoor dit gebruik word.
Baie dankie Jeanita dat jy tyd by ons leerders spandeer het, ons waardeer dit.
Gaan besoek haar gerus by Easycare Health .