DANKBARE DONDERDAG – 26 Junie 2025
Laerskool Blanco wil graag vir Wayne Smart en sy span van Intsikilelo Construction bedank vir die goeie werk wat hulle gedoen het om ons skool weer so mooi te verf! Wat ‘n plesier om met hierdie professionele span te kon werk.
Die nuwe laag verf laat weer die pragtige historiese gebou soos ‘n nuwe skool vertoon.
