Pre-Primer Ouma en Oupa dag – 16 Maart 2025

“Oumas en Oupas maak die wêreld n baietjie sagter, n bietjie vriendeliker, bietjie warmer.”

Dit was Ouma en Oupa dag en ons voorskoolse maats het lekker saam met hulle  Oupa en Ouma gekuier. Die tema vir die dat was “In jou skoene” en die ouma’s en oupa’s moes ook interresante skoene aangetrek het. Ons het na n lekker storie geluister, gelees deur Juffrou Suretha, van hoe ons kinders ook op kyk na hulle om ook eendag daardie groot skoene te kan vol staan. En watter groot skoene is dit nie, vol tradisie, kennis en baie liefde.
Ons se vir al die mammas dankie wat so hard gewerk het om die saal en Gazibos  so mooi opgemaak het.
Dan ook n baie groot dankie aan Juffrou Alta, Juffrou Anzel en Juffrou Elne wat die kinders so mooi gehelp het om ons almal te vermaak.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *