PRE-PRIMÊRE ATLETIEK 2026
Ons pre-primêre maats het die naweek heerlik aan die jaarlikse Pre-Primêre Atletiekdag deelgeneem saam met 13 ander skole.
Ons maats het dit so geniet en dit was ń lekker dag gevul met kortafstande, aflos, gewigstoot met lemoene en spiesgooi met “poolnoodles”.
Ons Blanco Bokkies het sommer uitgestaan. Wel gedaan Bokkies!💙
