☀️ KLEURE-ATLETIEKBYEENKOMS 🏃‍♀️🏃‍♂️

Vrydag het ons onder heerlike sonskynweer ons Kleure-atletiekbyeenkoms gehou!
Die Geel- en Blouspan se paviljoene was pragtig versier. Die optogte het plaasgevind, die krete het weergalm en toe kon die atletiek begin!
Ons het pragtige atletiek gesien, rekords is gebreek en daar het ‘n wonderlike gees onder die toeskouers geheers. Almal het die atlete met entoesiasme aangemoedig en die dag sommer ekstra spesiaal gemaak!
Die dag is op ‘n hoogtepunt afgesluit met die altyd-opwindende aflosse!
🏆 Die Blouspan is as algehele wenners gekroon en het ook die geesbeker verower!
Baie geluk aan al ons atlete! Dankie aan elkeen wat bygedra het tot ‘n onvergeetlike dag van atletiek, spanwerk en goeie gees! 💙💛
Kyk gerus na meer fotos van die dag: https://laerskoolblanco.pixieset.com/kleureatletiek2026/