SEKRETARESSEDAG 2026

Vandag is die dag wat ons hierdie twee sterre in ons kantoor vier!

Baie dankie aan hierdie twee dames wat almal altyd met ‘n vriendelike glimlag groet en ontvang. Dankie vir julle geduld met ons as personeel, ons ouers en ons leerders. Dankie dat julle altyd bereid is om hulp te verleen en opdragte ut te voer wat van alle kante af versoek word. Julle professionaliteit is noemenswaardig!

Julle verdien elkeen ‘n reuse ruiker en medalje! Weet dat ons julle waardeer en vandag salueer.