Groet vir Oom Dan 2026
Vandag neem ons met gemengde gevoelens afskeid van oom Dan. Na soveel jare van getroue diens, harde werk en waardevolle bydraes by Laerskool Blanco, is dit moeilik om totsiens te sê.
Oom Dan, baie dankie vir alles wat jy oor die jare vir ons skool, personeel en leerders beteken het. Jou toewyding, bereidwilligheid en harde werk sal altyd onthou en waardeer word.
Jy het ’n besondere deel van die Blanco-familie geword en ons gaan jou beslis baie mis!
Ons wens jou van harte baie geluk met jou nuwe pos by Van Kervel. Mag hierdie nuwe hoofstuk vir jou gevul wees met groei, nuwe geleenthede en baie sukses.
Mag God jou ryklik seën en jou lei in alles wat voorlê. Ons bid dat Hy jou sal beskerm en jou nuwe pad met Sy genade en guns sal vergesel.
Baie dankie, oom Dan — en voorspoed met die nuwe avontuur! 💙
Eenmaal deel van die Blanco-familie, altyd deel van die Blanco-familie. 🌟


