TENNIS – Rising Stars toernooi 2026

Laerskool Blanco se Oranjebal-seunsspan en senior seunsspan het Vrydag, 21 Augustus deelgeneem aan die Rising Stars toernooi by die Great Akademie se bane.
Ons oranjebal-seunsspan is die wenners van die Rising Stars oranjebal toernooi! (Hulle verskyn op die eerste foto saam met hulle afrigter Maaike Ferreira.) Ons is baie trots op hierdie spelers, – veral op hul gedrag en sportmangees op die baan en ook van die baan af.
DIe senior seunsspan (tweede foto) was een van 8 spanne wat deelgeneem het aan die toernooi. Hulle is as algehele wenners van die toernooi gekroon en neem op 23 September deel aan die Provincial Playoffs, in Moorreesburg. Hierdie 4 seuns het soos ware kampioene gespeel en uitstekende karakter en sportmanskap getoon. Ons is ongelooflik trots op hulle.