RUGBY

Die SWD arende het bietjie by ons O/11- en O/13-seuns kom in loer. Hulle het kom gesels oor hoe dit moontlik is om eendag ‘n Arend te wees en ook so bietjie wenke by die oefening kom gee.
Elke speler het ook ‘n gratis kaartjie ontvang vir Vrydagaand se Curriebeker 1ste divisie finaal teen die ValkeArende .
Baie dankie SWD Arende.
Kom ondersteun hulle Vrydag aand 19:15 by Outeniqua Park.