SKAAK – SA Skaakkampioenskappe 2026

Die finale uitslae van die SA Skaakkampioenskappe is bekend gemaak, en ons is ongelooflik trots om aan te kondig dat Lihan Combrink, ‘n uitstekende 8ste plek in Suid-Afrika behaal het!
Hierdie prestasie is ‘n bewys van harde werk, deursettingsvermoë en toewyding. Jy het Laerskool Blanco met trots verteenwoordig en ons sien uit na nog baie sukses op die skaakbord.
Baie geluk, Lihan! Ons is ongelooflik trots op jou!