BUITESPORT – Gimnastiek

Laerskool Blanco is ongelooflik trots op vier van ons leerders wat aan die Eden Gimnastiekkampioenskappe in Mosselbaai deelgeneem het en Eden-kleure verwerf het.
Baie geluk aan:
⭐ Ivanke Barnard
⭐ Ilani Lubbe
⭐ Rowecha Meyer
⭐ Roché Steenkamp
Hierdie prestasie is die resultaat van ure se harde werk, toewyding en deursettingsvermoë. Julle het nie net julself uitstekend van jul taak gekwyt nie, maar ook die naam van ons skool met trots uitgedra.
Mag hierdie prestasie vir julle die begin wees van nog vele hoogtepunte op julle sportreis.
Ons is baie trots op julle!