🏐💙 Bokkiedag 2026 💙🏐
Wat ’n wonderlike dag van mini-netbal by Laerskool Blanco!
Ons O/7-, O/8- en O/9-spanne het vandag hul beste gegee en die dag het vlot en suksesvol verloop. Ons is baie trots op al die spelers wat met entoesiasme, sportmangees en groot glimlagte deelgeneem het. 🌟
’n Groot dankie aan al die skole wat ons Bokkiedag saam met ons kom geniet het. Julle deelname het bygedra tot ’n besondere dag vol sport, vriendskap en lekker herinneringe.
Baie dankie aan elke afrigter, ouer, ondersteuner en helper wat hierdie dag moontlik gemaak het. Ons sien reeds uit na die volgende Bokkiedag!
