A-Arts Dans Fees 2026
Ons deel met groot trots Chante Gouws se uitstekende dansprestasies tydens die A-arts Dance and Music Festival wat die naweek van 2–3 Mei plaasgevind het 💃✨
Chante het die volgende uitslae behaal:
🥉 Acrobatics Solo – A en 3de plek
🥇 Acrobatics Amateur Group – A en 1ste plek
🥈 Modern Jazz Solo – A en 2de plek
🥇 Commercial Hip Hop Group – A en 1ste plek
As kersie op die koek het sy ook gekwalifiseer om volgende jaar aan die Rising to Fame Festival by Emperors Palace deel te neem!
Baie geluk, Chante! Jou harde werk, toewyding en passie is duidelik sigbaar. Jy maak ons baie trots!




