WERKERSDAG 2026
Vandag eer ons Laerskool Blanco se werkers vir die langure, die bereidwilligheid, die glimlag op hul gesigte terwyl hulle werk, die eerlikheid, die opregtheid en hul hardwerkendheid.
Sonder hierdie span, sou ons nie kon spog met ons pragtige skool nie. Sonder hierdie ekstra hande wat sorg dat ons terrein en geboue mooi skoongemaak word, tuine versorg word en besoekers vriendelik ontvang word nie. Hulle help om ons leerders veilig te hou en versterk die res van ons personeel se hande deur hierdie ekstra myl te stap.
Dit alles doen hulle met ‘n glimlag op hul gesigte! Baie dankie Marinda, Celdi, Dan, Kapank, Logan, Aurelia en Elizea. Ons verruil julle vir niemand anders nie.
