GEORGE MOTORKLUB

Baie geluk aan ons sterre op die baan!
Die George Motorklub se karting-span het gedurende 2025 uitstaande buitemuurse prestasies behaal, en ons kan nie anders as om met groot trots hul suksesse te vier nie!

Tydens die klub se jaarlikse prysuitdeling op 18 April het:
Skylar-May Combrink ’n indrukwekkende 3de plek behaal in beide die klubkampioenskappe én die SWD-klubkampioenskappe.
Franco Lotz het uitstekend presteer deur die 1ste plek in beide die Klub- en SWD-klubkampioenskappe te verower!

Hierdie prestasies is ’n bewys van hul harde werk, deursettingsvermoë en passie vir karting-ontwikkeling. Ons is ongelooflik trots op beide leerders se groei en toewyding.
Franco het reeds vir 2026 na die 200cc-klas opgeskuif – ons sien uit na baie opwinding en sukses op die baan!
Hou so aan, kampioene – julle maak ons trots!